IS GEBED REGTIG NODIG?
Die vraag is: Het `n soewereine, almagtige God ons gebede werklik nodig, kan dit herlewing bring, genesing bewerkstellig, reën laat kom. In Esegiël 22: 30 –31 lees ons: “Ek het iemand tussen julle gesoek wat `n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig sou word nie, maar ek het NIEMAND gekry nie”.
Die implikasies hiervan is ontsagwekkend. God se heiligheid weerhou hom om sonde te verskoon, In sy groot liefde soek God mense wat vir hom beskikbaar is, as voorbidders en werkers in Sy wingerd.
In Gen. 18:16 – 33 pleit Abraham vir Sodom en Gomorra en God is bereid om te luister. Dutch Sheets sê :- Die gebede van God se heiliges is die aandele kapitaal waarmee God sy groot werk op aarde doen.
In 1 Konings 18:1 lees ons dat God vir Elia beveel:- Gaan na Agab toe moenie langer wegkruip nie. Ek wil weer in die land laat reën. Tog bid Elia sewe keer voor dit begin reën. Elia se gebed moes God se plan in werking stel. Jakobus 5: 17 – 18 verduidelik dit – God verkies mense deur wie Hy kan werk. Jakobus 5 : 16b sê vir ons:- Die gebed van `n gelowige het `n kragtige uitwerking...
Jack Hayford sê: Gebed is in wese `n vennootskap tussen God en die verloste kind van God, wat saam werk om God se verlossingsplan op aarde te verwesenlik.
Wil jy in vennootskap met God wees?
Indien ja – soek beloftes in die Woord waar God belowe Hy luister na ons gebede.
Byvoorbeeld:
Ps. 4:4(b)
Die Here hoor as ek na hom roep.
Ps. 34 : 18
As die regverdiges om hulp roep hoor die Here hulle en red hulle uit al hul benoudhede.
1 Petrus 3 : 12.
Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep.
1 Johannes 14 – 15
Bronne: Krag van intredende gebed; Dutch Sheets; CUM.