Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Is jy deel van die beweging?

Terwyl ek so besig is met die kerk en die dinge van die Here en soms, binne in ‘n erediens, het ek myself al baie keer gevang dink: “Is dit wat God werklik bedoel het; is daar nie meer aan Christenskap as Sondae se erediens en die kerk se program nie?”

Ek kon dit nie daar los nie. Ek moes net met die Here gaan worstel daaroor.

Die vraag moet onbevrees gevra word: “Vervul ons as gemeente, ek as individu, God se basiese bestaansdoel vir ons/my? Is ons regtig besig om die groot opdrag uit te voer en dissipels te maak van al die nasies? Volg ons regtig vir Jesus? Is ons aktief besig, om soos Jesus vir ons kom wys het, met mense doelgerig verhoudinge te bou sodat hulle Jesus in en deur ons lewens kan sien en hoor? Is ons, soos Jesus, heeltyd op soek na diegene wie weg is (Luk 15), besig om te kuier met die weggooi-mense, die onaanvaarbares, die onaantasbares, die randmense? Is ons, soos Jesus, besig om elke nood wat oor jou pad kom te probeer verlig. Is ons besig om van hierdie aarde ‘n beter plek te maak? Is die koms van Sy koninkryk regtig ons/my agenda (Matt 6:33)? Volg ons Jesus, as liggaam van Christus, werklik na die sendingveld, met die doel om dissipels te maak, wie ‘n verskil maak in hierdie wêreld?” Die soeke na ‘n antwoord is opreg.

 

Dit gaan nie in ons gemeente oor groot getalle en ‘n gesonde begroting nie. Dit gaan nie oor kerkgroei of -welstand nie. Die
basiese vraag is: Is ons/ek getrou aan Jesus? Gemeentes kan groei en wel wees, maar ontrou. Die vraag ter sake: Groei die
koninkryk van God?

Gemeentes is, soos Jesus, gestuur deur God om te herstel wat sonde hier op aarde gebreek het – om transformasie te bewerk. In Luk 4:18,19 “preek” Jesus in die sinagoge uit Jesaja en bevestig die missie waarvoor hy gestuur is:  “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.  Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”  Jesus het ‘n Koninkryksbeweging begin – God wat weer kom deurbreek hier op aarde en heers. In die ‘Onse Vader’ leer Hy ons dat stukkies hemel aarde toe moet kom, stuk vir stuk. Matt 11:12 sê: “Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit.”

Die koninkryk van God? Die koninkryk van God is waar God alles in almal is. Dit is gewortel in God en bestaan vanaf die  ewigheid, dis geanker in die teenwoordige, maar dit is ook ‘n komende (toekomstige) werklikheid. Dis onvernietigbaar en onoorwinlik. Die koninkryk van God breek in sy volheid deur wanneer die Drie-enige God as God erken, gehoorsaam en geprys word. Sy koninkryk is op aarde waar Sy wil geskied.

Die DNA van die Koninkryk is dat God onvoorwaardelik en heelhartig gehoorsaam word. Sy HEERskap word erken, aanvaar en gehoorsaam. In alles gaan dit om Hom, om God. Hy is die rede vir die bestaan van die Koninkryk. Die Koninkryk van God staan teenoor die koninkryk van die duisternis, die Bose en Satan met al sy meelopers.

Toe Jesus dan sterf vir ons sonde en uit die dood opstaan, verskyn Hy aan Sy bang dissipels in die geslote bovertrek en sê: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook “(Joh 20:21). En Hy sê dit nie net vir hulle nie, maar vir elke volgeling (dissipel) van Hom. Wat sê Hy? Gaan doen en praat en leef net soos Ek. Gaan maak van hierdie wêreld ‘n beter plek, net soos ek dit gedoen het. Gaan bou My koninkryk. Bring herstel. Ons gemeente moet dus gedryf word deur die passie om kontak te maak met die wêreld daar buite en die oes wat nog nie ingesamel is nie, te gaan haal. Dis die kerk se besigheid.

Hy stuur nie net vir dominees, ampsdraers, sendelinge, evangeliste, ens. nie. Hy sê bogenoemde vir elke gewone wedergebore kind van God.

Die Ou en Nuwe Testament is gegrond op ‘n organiese wêreldbeskouing. Dit kommunikeer ‘n “reddingsgeskiedenis” en nie die daarstelling van instellings wie hul moet onttrek van die wêreld en net sigself onderhou nie. Dit begin by God se belofte aan Abraham dat hy ‘n seën vir die nasies sal wees. Die konsep van “geseënd om te seën”, lê in die hart van die Woord. Die Joodse geloof en Christenskap was bedoel om ‘n seën te wees vir die res van die wêreld. Jesus se skerpste kritiek was vir die Joodse leiers wat die institusie van godsdiens aanbid het eerder as om ‘n seën vir die wêreld te wees (Matt 23).

Sodra ons verstaan dat ons gemeente deel is van God se Koninkryksbeweging deur die geskiedenis van die wêreld, dan begin evalueer ons ons getrouheid eerder op ons betrokkenheid by die beweging as op welstand en groei. Dra ons by tot die beweging? Is elke lidmaat van die gemeente algeheel toegewy aan God en leef hul ‘n impak leefstyl wat God se koninkryk uitbrei.

Die Bybel en die vroeë kerk het Christenskap as ‘n beweging uitgebeeld eerder as ‘n godsdiens. Dit is tyd dat ons dié feit weer erken en begin om soos dissipels te leef wat toegewy is aan ‘n radikale beweging eerder as lede wat toegewy is aan die beskerming van ons gemeente of denominasie. Om Christenskap te sien as ‘n Koninkryksbeweging eerder as institusionele model, vra dat Bybelse Christenskap herstel word tot Godgestuurde dissipelmakers en transformeerders van individue en kulture in plaas van ‘n gemaksone waarbinne ek op pad hemel toe is en verder geen verantwoordelikheid het ten opsigte van die wêreld nie.

Die Koninkryksbeweging van God is ‘n realiteit hier en nou deur mense wat Jesus Christus dissipelmakend navolg. Die mense van hierdie beweging volg Jesus Christus outentiek na en vergestalt/verpersoonlik die hartsopenbaring van die Stigter.

Effektiewe leiers van gemeentes soek nie antwoorde op die vrae: “Wat is verkeerd met die gemeentestruktuur nie?” of “Hoe herstel ons die gemeentestruktuur nie?” Hulle vra: “Hoekom word die groter missie nie vervul nie?” en “Wat moet gebeur sodat die beweging kan momentum kry?” As ons gemeentes as organismes sien en nie as organisasies nie, sal ware lewe voortspruit. Organismes kan voortplant, vermeerder, oorgeplant en ge-ent word. Só gee die beweging lewe, wat ‘n statiese organisasie moeilik doen.

Waarheen nou? Ons leef nie in ‘n tweede Reformasie nie. Ons is terug in die eerste eeu van Christenskap. God roep ons weg van die onderhoud en bewaring van die instituut, uit die veilige hawes van ons denominasies, weg van die vermenging van kultuur en vroomheid na die gevaarlike agterstrate en hoofweë. Jesus roep ons terug na die strate van die werklike lewe waar Christene weer assosieer met diegene wie weg (verlore) is. Dis tyd om Jesus te volg na die sendingveld – en dit is waar ons onsself elke dag bevind, waar ons ook al gaan, waar ons werk, woon, ontspan of na gestuur word. Kom ons trek ons tekkies aan!
BRON: FB blad van Lewe In Christus Bediening

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag28
Gister186
Afgelope Week697
Afgelope Maand1927
Sedert Feb 2014419400

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton