Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Finansies

EIENAAR OF BESTUURDER?
Wat is ek – eienaar of bestuurder van alles wat die Here aan my toevertrou het?

Dis die groot vraag wat ‘n mens se hele lewe bepaal.

  • DIE BYBEL sê baie duidelik dat die Here wat Skepper is, ook eienaar van alles is. Hy het ook vir ons gemaak, en het daarom volle seggenskap oor ons lewens – Hy gee die hartklop en die asemhaling!
  • Ons as mense is na die beeld van God geskape. Daarom kan ons besluite neem asook verantwoordelik en intelligent optree. Maar daarin bly ons altyd ondergeskik aan en verantwoordbaar teenoor die Here!
  • So is dit ook met ons talente en eiendom: Ons kan daaroor besluit, maar as bestuurders is ons altyd ondergeskik aan die Here se wil.
  • Teenoor hierdie Bybelse standpunt – dat ons bestuurders van alles is – staan die materiële wêreld se uitgangspunt, naamlik dat ons eienaars is. Die wêreld waarin ons vandag leef, herinner ons telkens dat materiële dinge die enigste realiteit en prioriteit in die lewe is. Hulle sê “Meer is noodwendig beter!” Daarom word amper alles in die wêreld gemeet aan hoeveel jy het, en bepaal dit meesal jou status en aanvaarbaarheid in die wêreld.
  • Die Bybel wil die menslike drang na meer in balans bring: “Dié wat ryk wil word, val in versoeking. Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.” En vir die welvarendes: “Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms …” (1 Tim.6:9-19). Die interessante van hierdie “geniet” is dat dit aansluit by ‘n uitspraak van die Here Jesus: “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang” (Hand. 20:35).
  • Om te gee, kom van die voorbeeld van die Here self. God is ‘n gewende wese. Sy “gee” bereik die hoogtepunt in Christus as selfopofferende Verlosser (2 Kor. 8:9). Vir gelowiges kry dit betekenis in ‘n Christen-gesentreerde lewe waar besef word dat ‘n mens alles bestuur met die Here se eer as eerste prioriteit!
  • Die Bybel sê dat ons ons talente en besittings moet gebruik om vir ons gesinne en families te sorg (1 Tim.5:4), behoeftiges te help (Mat.25:34-40; Luk.10:30-37) en om die Here se koninkryk te laat kom (2 Kor.9:4-18; Fil.4:10-20).
  • Die Bybel bied riglyne van hoeveel ‘n mens behoort te gee sodat die Here as “eienaar” van alles erken word. Die Ou Testament bepaal ‘n tiende en meer. Die Nuwe Testament hef nie die vorige bepaling op nie (mat.23:23), maar gee ‘n bykomende riglyn: “Elkeen moet volgens sy vermoë gee” (1 Kor.16:3). Dit kan dus selfs baie meer as ‘n tiende wees! Daar is tog ook ‘n bevrydende uitspraak: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help” (2 Kor.8:12 e.v.). Dit herinner ‘n mens ook aan die weduwee wie se gawe van twee geldstukkies in Jesus se oë die meeste was omdat sy “alles” gegee het as teken van haar vertroue op die Here (Mark.12:41 e.v.)!
  • Sommige gelowiges is bang dat hulle sal skade ly as hulle vir die Here gee. Die tendeel is egter waar. Kyk byvoorbeeld na die volgende beloftes wat verbind word aan ruim gee: “Toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek die vernster van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie” (Mal.3:10). (Dis die enigste plek in die Skrif waar God die mens uitdaag om Hom op die proef te stel!) “God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydrae vir elke goeie werk” (2 Kor.9:7 e.v.). (Daar is seker nêrens anders ‘n omvangryker belofte oor tydelike en geestelike oorvloed nie!) “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” (Fil.4:19). Hierdie beloftes van die Here is so waar en eg soos ons aanvaarding dat dit elke oggend sal lig word!

Daar is op die ou end net twee groepe mense op aarde:

  • dié wat sonder ‘n verbintenis met die Here lewe – baie van hulle beskou hulle as eienaars; vir hulle is materiële dinge die hoogste prioriteit; en
  • dié vir wie hulle verhouding met die Here prioriteit is – dis hulle wat leef as verantwoordbare bestuurders van alles wat die Here aan hulle toevertrou het. Hulle besef die waarheid van Maartin Luter se uitspraak: “In ‘n Christen se lewe is daar drie bekerings: van die kop, van die hart en van die beursie. Die derde bekering is die teken van ware bekering.”

Om bestuurder vir die Here te wees, sluit in:

  • hoe ons die geld wat ons kry, bekom;
  • hoe gee ons die geld wat ons het; en
  • hoe bestee ons die geld wat ons hou.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag143
Gister150
Afgelope Week409
Afgelope Maand2773
Sedert Feb 2014420246

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton