‘n Tweede Kans
Ons storie en feesviering hou nie op Paasdag op nie. Die probleem met feesdae is juis dat ons die volgende dag aanbeweeg na die normale wêreld en dan onsself in 'n vae "Nou wat nou?" bevind. Vandag fokus ons op hoe ons aan beweeg in ons geloofsoortuiging dat Jesus die vloek van sonde oorwin het en ons nuwe lewe in Hom bring.
Onthou jy vir Petrus? Vroeër hierdie week het ons gelees hoe hy Jesus verraai het deur hom drie keer te ontken. Vandag sien ons hom en Jesus weer.
Lees Johannes 21:15-19.
Jesus bevraagteken Petrus se liefde. Ek dink nie die ondervraging was vir Jesus nie, maar vir Petrus. Ek dink Jesus het Petrus 'n kans gegee, inteendeel - drie kanse, om sy liefde vir Christus te bevestig. Drie keer het Jesus terugvoer gegee oor how Petrus sy liefde vir Hom kon wys: "Laat my lammers wei." "Pas my skape op." en "Laat my skape wei."
Die manier wat ons ons liefde aan Jesus bewys en Hom vertel hoe lief ons Hom het, is nie met woorde nie. Enige iemand kan 'n kruis hangertjie dra, die Christen opsie op 'n Facebook profiel merk, of kerk toe gaan op Sondae. Jesus sê egter om Hom lief te hê moet ons Sy skape (mense) versorg.
Hy het nie vir Petrus gevra om mense net lief te hê nie; Hy gee hom 'n ekstra instruksie:
Lees weer Johannes 21:19.
Hy sê dat Petrus Hom moet volg. Wat 'n mooie beeld van Jesus as ons Verlosser. Dit maak nie saak dat Petrus sy oë van Hom afgehaal het toe Hy op die water geloop het nie. Dit maak nie saak dat Petrus vir Christus nie net een maal, maar drie maal, ontken het nie. Jesus nooi Petrus uit om Hom weer te volg.
"'n Dief kom net steel, slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."
- Jesus (Johannes 10:10-11)
Jesus weet alles van jou af - al die maniere wat die dief (satan) in jou lewe gesteel, geslag en uitgeroei het - en Jesus is steeds lief vir jou en begeer 'n lewe van oorvloed vir jou.
Om hierdie Heilige Week tot 'n punt the bring, kyk na hierdie video van Isaak Wimberly wat sy gedig "Beauty" lees: Kliek hier vir skakel:
Jy is onbeskryflik mooi te danke aan Sy liefde - Sy lewe, dood en opstanding!
Gaan en leef in oorvloed terwyl jy Jesus volg en Sy skape lief het!
Bron: Youversion Bible App: Kliek hier vir skakel na die toepassing (kan ook in afrikaans verander word):
Bybelstudie Plan se naam: Die Laaste Lesse deur Becky Kiser