Ef.6:18 "Doen dit alles biddend en smeek god by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."
Gebed was baie na aan Jesus se hart en Sy opdrag baie spesifiek dat die Kerk 'n huis van gebed moet wees (Matt.21:13).
Hy haal Jesaja 56:7 aan en bevestig daarmee dat God se plan met sy Kerk in die ou Testament ook Sy plan met die Kerk in die Nuwe Testament is.
Ons Visie is om Lourensrivier Gemeente te mobiliseer tot 'n biddende gemeenskap.
Hand. 1:14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed
Ons Missie is om in gebed:
- God te ontmoet
- Deur God verander te word
- Deur God gestuur te word.
Lourensrivier wil Wagters op die stadsmure wees
(Jes 21:6 "So het die Here vir my gesê: “ Sit n wag uit, hy moet sê wat hy sien" Vers 8 "Die wag het uitgeroep: “ Meneer ek het die hele dag deur wag gestaan, en die hele nag op my pos gebly”)
Ons wil die gemeente tot bidders aktiveer, deur toerusting (Bybelskool; Gebedskursus), aanbiedings, sang en oproepe van die kansel sodat hulle as wagte dag en nag op hulle pos biddend die gemeente sal lei tot ontmoeting met God, verandering en gewilligheid om as intersessors in te tree, vir mense wat beskerm moet word en oes wat ingesamel moet word.
Lourensrivier het ‘n aktiewe Gebedsbediening met Gebedsgroepe wat weekliks bymekaarkom asook uitstekende toerustingskursusse.
Een van die groepe kom elke Woensdag @ 09h00 by die kerk saam vir voorbiddings. Almal is welkom!
Lees meer oor die kursusse by die volgende skakels:
Bybelskool
Gebedskursus
Gebedsinligting en gebedsversoeke word op ‘n gereelde basis in die nuusbriewe en ons maandelikse Koerantjie (Die Riviertjie) gepubliseer. Boodskappe word ook per sms uitgestuur vir voorbidding.
Vir meer inligting of indien jy graag betrokke wil raak. kontak: Joubert van Tonder @ 0829492045 en/of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. , ons Aanbiddingsbedieningsleier of die kerkkantoor @ 021 853 5991
Gebedsversoeke
Dit is 'n opdrag van God om vir mekaar te bid en mekaar se laste te dra.
Die gebedspan wil graag vir ons gemeente en gemeentelede se spesifieke behoeftes bid. Vul jou versoek hieronder in en ons span sal so gou moontlik begin intree.