NUWE SKOOLKWARTALE/GEMEENTEGIDS DATUMS
Die skoolkwartale en skoolvakansies is in Februarie vanjaar deur die onderwysdepartement aangepas weens Covid. Dié aanpassing is 2 maande nadat die 2021 gemeentegids uitgegee is, gedoen.
Dus is die aangeduide dae in die gemeentegids, waarop die openbare skole sluit en oopmaak, nie meer van toepassing nie.
Die skole sluit Vrydag 23 April. Die weeklikse kleingroep-aktiwiteite, kinderkerk en jeug, vind steeds plaas tot dan, of soos met die groepleier gereël.
Elke week se kerkprogram en -aktiwiteite word in die Sondag-afkondigings ingesluit vir meer duidelikheid.
Nuwe skoolkwartale:
15 Februarie – 23 April
03 Mei – 09 Julie
26 Julie – 01 Oktober
11 Oktober – 15 Desember
Kliek hier vir die skoolkwartale