Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Koninkrykstyd

 

koninkrykstydKoninkrykstyd 

Koninkrykstyd is die tyd tussen Pinksterfees en die eerste Sondag van Advent. Die eerste Sondag in Koninkrykstyd staan bekend as Drie-eenheidsondag en die laaste as Sondag van Christus die Koning.

Koninkrykstyd is die seisoen waarin die kerk, onder “bestuur” van die Heilige Gees, opnuut dink oor wat dit beteken dat die Heilige Gees op Pinksterdag aan die kerk gegee is en in elkeen van ons woon. Hiervan is ons verseker toe ons die dag gedoop is, ook in die Naam van die Heilige Gees, wat volgens die doopformulier beteken: “Ons doop verseker ons daarvan dat die Here deur sy Gees in ons woon en ons lewe daagliks so wil regeer dat ons hoe langer hoe meer sy beeld vertoon.”

Die koninkryk van God word in oënskou geneem en, omdat ons deel daarvan is, gevier. Elke lewensterrein word in die lig van die Woord bespreek. Ons word deurentyd daaraan herinner dat ons as kerk Coram Deo lewe. Die kerk se missionêre gerigtheid is daarom ook in die kollig.

Tot hier het die klem in die kerklike jaar geval op wat God vir ons gedoen het. Nou word klem gelê op ons verantwoordelikheid teenoor God, ons broers en susters, asook ons naaste en die wêreld om ons.
(vanaf Communitas se webwerf: http://communitas.co.za/)

Wat is Koninkrykstyd?
Die tydperk ná Pinkster (middel-Junie) tot en met Advent (einde November) staan algemeen in die kerkjaar bekend as Koninkrykstyd. Daar is geen besondere feeste (soos byvoorbeeldAdvent, Kersfees, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster) gedurende hierdie tyd op die kerklike kalender nie.

Wanneer vier ons Koninkrykstyd?
Koninkrykstyd begin wanneer die Pinksterseisoen afgesluit word met Triniteitsondag. Dit eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voor die Adventseisoen en dus die volgende kerkjaar.

In die suidelike halfrond val Koninkrykstyd in die herfs en veral in die winter waartydens ons die groen van die natuur sien verdwyn. Ons beleef dus in Suider-Afrika, anders as in die noordelike halfrond, in hierdie seisoen van die kerkjaar die tekens van afsterwe en doodsheid. Reeds in Paastyd en Pinkster word ons egter uitgedaag om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens van doodsheid te verkondig, te bely en uit te leef.

Wat vier ons in Koninkrykstyd?
Soos die naam van hierdie seisoen aandui, gaan dit daaroor dat die heerskappy van die drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster) gevestig word in elke faset van die lewe. Ons word herinner aan die roeping om die gawes wat ons tydens die feeste ontvang het, in die lewe van elke dag uit te leef. Christus se heilswerk, soos dit in die voorafgaande seisoene stuk vir stuk gevier is, het implikasies vir ons betrokkenheid by die materiële, geestelike en emosionele nood in die wêreld.
Koninkrykstyd herinner ons telkens aan die eenheid en interaksie tussen wat ons bely en hoe ons lewe, tussen die teks en ons konteks, tussen kerk en wêreld, tussen woord en daad.

Simbole, gebruike en rituele in Koninkrykstyd
Die sentrale simbool van hierdie tyd is dié van die kerk as ‘n bootjie met ‘n kruis op. Dit simboliseer die kerk as draer van die kruis in die wêreld. Hierdie tydperk bied aan die Christelike geloofsgemeenskap groter ruimte en vryheid as die primêre Christelike feeste om die kalenders van die kerk en die sekulêre wêreld met mekaar te integreer en te versoen.
Die teksgedeeltes van Koninkrykstyd hou verband met die tema dat Jesus die Here van alle here, die Koning van alle konings is.Die Protestantse kerke vier in hierdie tyd ook die geboorte van die Hervorming, toe Luther sy stellings vasgespyker het teen Wittenberg se kerkdeure.

Die vraag waarmee Christene hulle in Koninkrykstyd besig hou, is: Wie moet ek liefhê? Met hierdie vraag ontdek ons hoe ons Christus se liefde, wat ons in die eerste deel van die kerkjaar gevier het, kan uitleef. Daarom is die hart ten diepste ‘n Christelike simbool. Kleure in Koninkrykstyd
Verskillende skakerings van groen dui in Koninkrykstyd op lewe, groei en vooruitgang.
(Verkry vanaf: http://lindenpark.co.za/ons-kerk/koningkrykstyd/)

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag294
Gister202
Afgelope Week922
Afgelope Maand3286
Sedert Feb 2014420759

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton