Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Ons sê almal ons glo!

GELOOF
Ons sê almal ons glo….,maar wat glo ons, hoekom glo ons en wat maak ons nou met die feit dat ons GLO?
Daar word gesê: Die feit dat jy in ‘n bakkery slaap, maak nie van jou ‘n brood nie…..

Ons ken almal vir Nelson Mandela en ‘n paar ander goed van hom in detail….., maar ons het mos nie ‘n persoonlike verhouding met hom nie?

Dus kan ons as Christene ook sê ons ken vir Jesus Christus, die Vader en Heilige Gees…. MAAR, het ons ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus wat ons Verlosser is?

JAKOBUS 2:19
Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs.

So wat maak ons dan anders as die res wat glo??? DIS DIE “HOE ONS LEEF” GEDEELTE, ONS WOORDE, DADE EN DENKE WAT ONS ANDERS MAAK!

Dis belangrik dat ons eers ons gees lewendig kry deur God te vra om ons lewens (woorde, dade, denke) in beheer te neem (m.a.w. ons hart, siel en gees vir Hom gee), om ons nuut te maak en ons denke te vernuwe (Rom 12:2). Mense rondom ons moet Jesus IN ons kan sien. Dit maak ons nie beter as ander mense nie, net anders.

As jy dit nog nie gedoen het nie, en nie weet hoe nie kan jy enige tyd vir my of Estelle kontak.

DAN sal ons eers kan begin groei.
Dit help nie ons behandel elke keer wonderlike onderwerpe en praat daaroor terwyl ons gees nog dood is nie.

Mens kan nie vir ‘n dooie plantjie sing, water of kompos gee en dink dit sal groei nie!
DUS kom ons “gym” ons gees, hou dit in oefening deur met God te praat vanuit Sy Woord – die Bybel - (want dis lewend en die waarheid), leer ken die Woord en spreek dit!

ONTHOU: JAKOBUS 2:17
So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag295
Gister202
Afgelope Week923
Afgelope Maand3287
Sedert Feb 2014420760

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton