Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

OORGEE

Om Hom te verheerlik deur oorgegewe lewens wat gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan Sy wil

Slide background

OMGEE

Om liefdevol vir alle mense om te gee, geestelik toe te rus en te versorg vir 'n praktykgerigte lewe

Slide background

AANGEE

Om aktief die liefde van die Here aan te gee deur uit te reik met die verlossingsboodskap van Jesus

Gebedsaksie: September 2017

Ontpubliseer

the heart of the cross shines the divine light on the blue planet earthGEBEDSAKSIE: SEPTEMBER 2017

LENTE IN MENSEHARTE
Spr 4:18 “Die pad van die regverdige is soos helder oggendlig wat groei en sterker word totdat die volle dag aanbreek.”

Die oggendlig vou die nag toe en al die koud en vrees van die donker nag verdwyn as die son sy eerste strale oor die berge gooi, dit bring ‘n nuwe dag , nuwe uitdagings en so bring die lente ook weer warmte en nuwe groei in ons harte.

God laat ook Sy Oggendlig in ons harte skyn en in die bewustelikheid van Sy teenwoordige Lig ons die liefde, vreugde, vrede, hoop en geloof gee dat saam met Hom is die nag nooit donker en koud nie, duisternis word lig in die teenwoordigheid van die Here en   Sy Oggendlig  bring altyd nuwe krag en lewe. Net soos die Lente rustig wag dat die winterkoue verby gaan kan ons ook rustig wees as koue ons omvou en soos die natuur vertrou op nuwe warmte en nuwe lewe kan ons ook gelowig weet God se warm Lig ons op die pad sal lei om te groei en sterker te word. In God se teenwoordige Oggendlig is geen donkerte werklik donker nie en in God se Lig  ontplof self dorre woestyn tye  in lushof van kleurvolle vreugde in Sy Liefdes teenwoordigheid. Rom 5:5 “God het Sy Liefde in ons harte uitgestort”

Die bannelinge in Jes 43 het gevoel asof hulle alleen was maar al die tyd was God se Liefdeslig  teenwoordig, was Hy daar en troos Hy hulle ”moenie bang wees nie. Ek is by jou”.
Ons kan seker wees dat al ons hoop en verwagtinge in Sy Liefdeslig omvou is en veel meer dat Hy ook hierdie liefde in ons harte uitgestort het deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gee. Ps 118:27 “Die Here is God, Hy laat Sy Lig oor ons skyn. Begin die optog, wuif die takke.”

Deur Sy Liefdeslig wil God ook Vreugdelig, warmte en sonskyn in ons harte bring. Hy wil hê ons moet lag en saam met die lente die lewe geniet, die klein dingetjies wat saam met die lente kom, die glimlag van ‘n vreemdeling, die handdruk van ‘n vriend werklike vreugde vind in klein liefdetjies wat na ons kant toe kom en vreugde in nuwe blare aan verdorde takke en oop roosknop na die winter.  Met God se Liefdeslig om ons en Jesus se omvou-genade (Heb 8:12) in ons harte kan ons bewustelik die vreugdelig rondom ons geniet loof en prys en so die lewe van ander met vreugde vul. Luk 1:27 God rig ons voetstappe op die pad van vrede.

Lentevreugde bring ook vredelig in ons harte en wanneer ons God se Lig, Liefde uitdra en so vreugde versprei na ander rondom ons is dit die vrede van rus vind in God  want daar kan geen ware vrede in die gemoed wees tensy ons harte nie eers vrede gevind het in God se Lig en Jesus se liefde nie. Rom 5:1  “daar is nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus” en dan word die belofte van Joh 14:27 vir ons harte ‘n lofprysing van: “Dankie Jesus vir U belofte van Vredelig wat U aan ons skenk laat ons dit vas gryp in geloof.” GEBEDE:

 

Week 3-9 September
HERE BRING LIG IN MY HART:  
Ps 27:1 “Die Here is my  Lig en my Redding.” 
|Jes 60:20 “Die Here sal vir jou ’n Ewige Lig wees.
Joh 1:5 “Die Lig skyn in die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie”

Jesus Here aan U wat die Ewige Lig is bring ek die lof en dank  dat U ook U Lig van redding in my lewe laat skyn.  Laat U teenwoordige Lig  in my hart skyn en my pad vorentoe helder verlig, my veilig verby struikelblokke van sonde en ongeloof stuur. Dankie Here dat in U Lig in my lewe daar geen vrees vir duisternis in my hart hoef te wees nie.  Ek loof U vir U Lig wat elke dag by my is en wat ook my hart in tye van smartvolle oomblikke en donkerte binnedring sodat ek kan lewe in die Lig wat van Jesus af kom.

Week 10-16 September
HERE BRING LIEFDE IN MY HART
Ef.3:19  “Mag julle Christus se liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan”
Joh 15:17  “Dit beveel Ek julle: julle moet mekaar liefhê”
1 Joh 4:8  “God is Liefde”
Jes 43:1  “Ek het jou op jou naam geroep jy is Myne”

Jesus, Heiland baie dankie vir die versekering dat U my op my naam ken en dat U my lief het met liefde wat alle verstand te bowe gaan. Dankie Here dat ek nie hoef bang te wees vir duisternis nie want ek lewe in die beskutting van U Liefdeslig. Here laat die glans van U Liefdeslig wat U in my hart uitgestort het uit my oorloop na ander rondom my dat hulle ook die warmte en intensiteit van U Liefdeslig kan ervaar en die kragbron is waarop staatgemaak kan word as dit donker word. Jesus van Liefde laat in my hart U Liefdeslig brand sodat ek vir U liewer sal hê as vir myself.

Week 17-23 September

HERE BRING VREUGDE IN MY HART
Fil 4:4 & 1 Tess 5:16 “Wees altyd bly in die Here”
Mat 5:12 “Wees bly en verheug”
Ps 118:1 “Loof die Here”
Jes 35:2 “die woestyn – sal juig”

Hemel Heer ek wil lofsing tot U eer in tye van blydskap en vreugde maar ook in woestyn en hartseer tye  omdat U Vreugdelig my ten alle omvou.  Here laat U Vreugdelig voortdurend in my hart skyn en ek die vreugde en krag ondervind wat daaruit voortvloei, verheug oor U voortdurende Vreugdelig wat altyd helder skyn en my troos en bemoedig wat my op hoë plekke laat veilig loop. Here help my om n vreugdevolle dankbare lewe te lei en so ook U Vreugdelig na ander sal oordra.  Here laat  U Vreugdelig in my hart skyn en lof as offer my al nader aan U sal bring.

Week 24 -30 September

HERE BRING VREDE IN MY HART
Joh 14:27 “Vrede laat Ek julle na My vrede gee Ek vir julle”
Jes 57:19 “Vrede vir die wat ver is en vrede vir die wat naby is”
Fil.4:7 “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal oor julle hart en gedagtes wag hou in Christus Jesus”

Jesus, Heiland wees met U verlossende  kalmerende Vredeslig in alle omstandighede en konflikte teenwoordig in my hart. Hemelheer, gee U vredeslig in my hart wanneer pyn en donkerte rondom my toesak leer my om in stilte te wag op U vredeslig van venuwing en krag. Dankie liefdevolle Heiland vir die vrede in my hart in die wete dat U belofte van vrede in Fil.4 onveranderd en vas bly staan in U teenwoordig-heid want U en U alleen is die Vredeslig in my hart. Jesus gee dan dat deur die Heilige Gees daar ‘n diepe en blywende vrede in my hart sal wees. Gee Here, dat U blywende Vredeslig ook skyn in die wêreld en U so verheerlik sal word. 
Dankie Jesus!   Aan U die lof vir U deurdringende helder LIG wat ook Liefdeslig, Vreugdelig en Vredeslig in my hart bring.


Kinderkerk

POPIA

Kontak ons

021 853 5991

Gebedsversoeke

Maak 'n Bydrae

Eredienstye

09:00

Kinderkerk 09:00 (Skoolkwartaal)

Lifeline Jeug 17:30 (Skoolkwartaal)

Kalender

Gemeenskap

#Imagine

Soek ...

Aantal Besoekers

Vandag3
Gister262
Afgelope Week934
Afgelope Maand2164
Sedert Feb 2014419637

Kopiereg 2014. Alle artikels, foto's en grafiese elemente is die eiendom van Lourensrivier Gemeente.

Webblad Ontwerp en Onderhoud: Roundbutton